Glenda Barnes – (61) Borskanker Eiser

Nooit in my wildste drome het ek gedink ek sal ‘n kanker pasiënt wees nie – en dit oorleef nie. Dit was ‘n groot skok vir my en my familie, maar hulle was deurentyd daar om my te ondersteun en ek kan nie genoeg dankie sê daarvoor nie.

Ek het ‘n knop onder my arm gevoel in Oktober 2016. Ek was effens geskok omrede ek nooit enige pyn ervaar het nie en was dadelik bekommerd. Soveel mense word deesdae met kanker gediagnoseer dat ek net moes uitvind wat dit was. Ek probeer om altyd gesond te eet en leef en bederf myself af en toe met ‘n lekkernytjie. Ek het die volgende dag hospitaal toe gegaan en is toe verwys vir ‘n biopsie en verskeie ander toetse. Die week daarna is ek ingelig oor die resultate en is die nuus meegedeel dat ek borskanker het.

[expander_maker id=”1″ more=”Read more” less=”Read less”]

My familie en vriende was baie geskok toe ek die nuus met hulle deel. Hulle was glad nie voorbereid op die nuus nie. Ek was egter baie kalm – ek het nooit God bevraagteken nie. Ek was baie sterk!

Drie weke na my diagnose is ek opgeneem vir my operasie wat ‘n groot sukses was. Ek was so bevoorreg om steeds beide my borste te hê veral omdat ek vooraf bang was ek sou wakker word en slegte nuus ontvang. My seuns was baie besorg oor my en wou net sien of alles in die haak is. Na die operasie het ek geen komplikasies ervaar nie – ek was net baie dankbaar dat die knop uitgehaal was.

Min het ek geweet dat die ergste nog sou voorlê: chemoterapie. Ek was so sterk totdat die newe-effekte hul kop uitgesteek het. Ek was baie siek en almal was baie bekommerd. Dit was eenvoudig aaklig en ek sou dit vir niemand toewens nie. Ek weet egter die terapie is nodig om volkome gesond te word.

Die nuwe jaar het ek ingelui met ‘n senu-ineenstorting – my hare het begin uitval. Ek was deurentyd so dapper gewees maar toe ek sien hoe my hare uitval het ék uitmekaar geval. Maar nou kan ek met trots sê dat ek in die proses is om volkome genees te word.

Net na ek my chemoterapie voltooi het het ek ‘n geskenkbewys van Platinum Life ontvang. Nou kon ek my familie en vriende ook seën en dankie sê vir hul ondersteuning. Selfs die uitbetaling vir die eis was meer as wat ek verwag het. Ek is net baie dankbaar en geseënd om te lewe.

Baie dankie Platinum Life dat julle hierdie hele proses meer draaglik gemaak het.”

[/expander_maker]

 

Annetjie du Preez – (69) Blaaskanker Eiser

Ek sit hier met ‘n blymoedige en dankbare hart teenoor Platinum Life, as ek net dink wat julle vir my beteken het die afgelope 2 maande!

Ek het ‘n drukking op my blaas ervaar, en my eerste gedagte was dat dit my blaas is wat uitgesak het. Dit was vir my snaaks aangesien ek nog nooit tevore enige probleme gehad het nie. Ek maak toe dadelik ‘n afspraak by die ginekoloog.

Intussen is ek opgeneem in die hospitaal met bosluiskoors, en word na ‘n uroloog verwys as gevolg van die drukking op my blaas. Na al die nodige toetse gedoen is stel hy my in kennis dat die bevinding blaaskanker is.

[expander_maker id=”1″ more=”Read more” less=”Read less”]

Platinum Life is in kennis gestel, en julle het sowaar al my verwagtinge oortref. Ek is veskeie kere bederf met geskenkpakkies in die pos, wat my baie spesiaal laat voel het, en soms die silwer randjie om my donker wolk was!

Leandri skakel my gereeld om te verneem hoe dit gaan. Ek kan nie genoeg dankie sê aan Platinum Life vir al julle belangstelling en bederf tydens hierdie moeilike tyd in my lewe nie.

Ek is so dankbaar dat ek deel geraak het van die Platinum familie. Ek betaal steeds getrou my premie, en verwys daagliks mense na julle toe.

Nogmaals baie dankie aan Platinum Life vir die ondersteuning tydens my siekbed. Julle sal nooit besef hoeveel dit vir my beteken het nie!

[/expander_maker]

 

Mimi Mantati – (45) Servikale Kanker Eiser

Eerstens wil ek sê hoe bevoorreg ek is dat Platinum Life my geskakel het. Ek het nooit verwag dat ek myself eendag in hierdie situasie sal bevind nie.

Baie dankie vir my uitbetaling! My lewe is aan my teruggegee interme van die mediese rekening wat nou betaal is. Ek is so bevoorreg om ‘n lid te wees en is baie dankbaar vir die sorg, liefde en geskenke.

Dit gee my hoop wanneer ek ‘n oproep van u ontvang net om te hoor hoe dit met my gaan. Om te weet dat iemand omgee, help met die genesingsproses.

Elke vrou behoort deel te wees van Platinum Life.

 

Tracey Brits – (48) Borskanker Eiser

Ek wil net hierdie geleentheid gebruik om vir almal by Platinum Life dankie te sê dat julle na my behoeftes omgesien het hierdie laaste 6 jaar. Daar was ‘n paar keer dat ek my polis wou kanselleer en dan sou die dames my oortuig om dit eerder nie te doen nie. Hoe dankbaar is ek nie daarvoor nie! Omtrent 3 maande voor my diagnose wou ek weer my polis kanselleer as gevolg van finansiële redes maar die konsultant het my oorgehaal om dit nie te doen nie. Ek het aangegaan met die polis – onbewus van die feit dat ek reeds kanker gehad het.

Op 10 November 2016 het ek ‘n dimpel aan die kant van my regterbors ontdek. My man het aangedring dat ek die dokter die volgende dag gaan sien. Ek is vir ‘n mammogram en ultraklank gestuur en is onmiddelik daarna na ‘n chirurg verwys wat ‘n biopsie gedoen het. Sy het bevestig dat dit borskanker was. Die Vrydag van dieselfde week het die resultate bevestig dat dit Graad 4 kanker was. Ek was nie regtig geskok nie omrede ons alreeds daarby berus het dat ek borskanker het. My drie dogters het die nuus goed gevat omdat, so glo ek, ek kalm daaroor was. My skoonseun het dit egter nie so goed gevat nie. Ons werk as ‘n familie hierdeur.

[expander_maker id=”1″ more=”Read more” less=”Read less”]

Ek het die plastiese chirurg die volgende week gaan sien om die rekonstruksie van my bors na die operasie sowel as die verkleining van my ander bors te bespreek. Die prosedure is in Desember voltooi. Ongelukkig was die kanker nie net in my bors nie, maar het alreeds versprei na my limfkliere onder my regterarm. Alles moes verwyder word en dit was glad nie ‘n wonderlike gevoel nie. Dit was pynlik maar ek kon ten minste rondbeweeg en uit die bed opstaan. Ek het ook ‘n CT skandering gehad voordat ek geopereer is.

Kort daarna is ek ontslaan en is na my onkoloog toe. Hy het nog slegte nuus gehad: die kanker het na my skelet versprei. Op daardie stadium was dit net in een van my ribbes aan my linkerkant en my linkerheup. Binne twee weke het dit alreeds na my ander heup, vier ander ribbes aan my linkerkant, drie aan die regterkant, drie werwels in my laerug en twee in die middel van my rug versprei. Die onkoloog het verduidelik dat my prognose nie baie goed was nie, maar dat aggressiewe chemo moontlik die verspreiding kan stuit en my in remissie bring. Daarna sou ek net hormoon tablette moes neem om my estrogeen te onderdruk – wat die gewasse veroorsaak.

Ek het my eerste chemo (die “red devil”) in Januarie ontvang en sal daarna dieselfde behandeling elke 3 weke vir 3 maande ontvang. Daarna sal ek ‘n laer dosis van chemo elke week vir drie maande ontvang. Hopelik sal ek daarna net die hormoon behandeling kry.

Die eerste behandeling het goed verloop. Dit was nie pynlik nie en ek het nog nie enige naarheid ervaar nie (ek gebruik medikasie om die naarheid ook teen te werk). My hare behoort binne die volgende 2 weke te begin uitval. Ek het reeds vrede daarmee gemaak en my familie het dit ook aanvaar. Ek het besluit om nie ‘n pruik te dra nie en sal serpies werk toe dra.

Ek het ‘n baie groot ondersteuningsnetwerk – my kerk, vriende, familie en nou my uitgebreide familie by Platinum. Julle dames is absoluut fantasties en julle kyk so mooi na my. Baie dankie vir die lieflike geskenk wat ek ontvang het – veral die serpie. Ek is absoluut gek oor serpe! My man het my Hilda (van 7de Laan) herdoop as gevolg van my serp-versameling.

Baie dankie weereens aan die hele Platinum Life – omdat julle altyd daar is vir my.

[/expander_maker]

 

Leh Steenkamp – (40) Borskanker Eiser

Aan die begin van Junie 2016 het ek skielik skerp pyn in my regter bors gevoel. Twee daarna, terwyl ek my bors ondersoek het, het ek ‘n ronde knoppie diep in die weefsel gevoel.

Net om my gemoed te sus (aangesien niemand in my familie borskanker het nie) het ek Dr Steytler gevra om my na Burger Radioloë in Unitas te verwys sodat hulle ‘n sonar kon doen. Hulle het iets ontdek en verwys om ‘n mammogram te kry en daarna is ‘n biopsie onder lokale verdowing gedoen. Dit was een van die pynlikste ervarings van my lewe.

Al wat ek toe kon doen was om te wag vir die resultate. Ek het die heeltyd geglo dis dalk net ‘n opgeswelde klier.

[expander_maker id=”1″ more=”Read more” less=”Read less”]

Die volgende Woensdag het Dr Steytler my gevra om haar te kom sien om die resultate van my toetse te bespreek. Dit was inderdaag borskanker en dit was Graad 2 maar omrede dit so vining gegroei het moes dit dadelik verwyder word. Een week later is ek geopereer en drie weke daarna het ek met chemoterapie begin. Dit het uit 4 sessies van AC chemoterapie bestaan (“red devil”) en ‘n 12 weeklikse Taxol behandeling. Sy het verduidelik dat al my hare sou uitval (ek het lang swart hare gehad) en dat ek ongelooflik moeg sou wees (ek was baie aktief).

Ek is die mamma van ses pragtige kinders tussen die ouderdomme van 5 en 19, van wie drie my eie engeltjies is. Die hele ding moes aan hulle verduidelik word. Hulle moes getroos word – selfs al kon ek dit nie eens vir myself doen nie.

Sover het ek al die AC sessies voltooi en sal oor 2 weke met die ander behandelings begin. Die lewe het emosioneel moeilik vir my geword, vreesaanjaend vir my kinders en uitputtend. Maar dank die Vader dat ek ‘n sterk ondersteuningsnetwerk het. My kollegas, familie, my vriende en Platinum Life het hierdie vreeslike ervaring vir my draagliker gemaak.

Presies een jaar voordat ek gediagnoseer is, is ek ‘n polis deur Platinum Life aangebied. Ek het nooit gedink ek sal ooit kanker kry nie, maar ek het nogtans die polis uitgeneem. Dit kon net God gewees het wat geweet het wat op my pad sou wees. Die vrae “hoekom, waarom, wat” kan nooit beantwoord word nie, maar die rede vir die polis maak wil perfekte sin.

Sedert ek die heel eerste keer met Platinum Life gepraat het oor my diagnose, het hulle hul bes gedoen om my deur die moeilike tyd by te staan. Binne 2 weke is ek R200 000 uitbetaal en 3 maande later het ‘n vreemdeling vir my ‘n besonderse geskenk vol persoonlike items afgelewer. Terwyl ek my laaste sessie van AC chemo ontvang het, is ek weer deur Platinum Life gekontak om te bevestig dat ek my geskenk ontvang het EN om my mee te deel dat ek ook ‘n R4000 geskenkbewys van Pick n Pay sou ontvang.

Woorde kan nie beskryf hoe ongelooflik my ervaring met Platinum Life was nie. Julle het my deur hierdie reis bygestaan en gehelp om die ongemak en hartseer van hierdie siekte te verlig.

Vir dit is ek oneindig dankbaar.

[/expander_maker]

Cookie Policy

We use cookies so that you may have a better online experience with us.
To view our cookie policy click here.

Please note that by viewing our website, you accept our use of cookies.